Johannes Kerkorrel My Ewig Ontwykende Beminde

Ek het jou gesoek
In die nag my engel
Ek het jou gesoek
Op trappe van huise

In bars, op pleine
In stede
Oor drie kontinente
In strate
Oor vyf oseane
Oral

Op lughawens
En treine
In die boulevard
Van ope drome

In die flits
Van neonlig
In die nagklub
Van my drome

Ek het jou gesoek
En ek kon jou nooit
Vind nie

My Ewig Ontwykende Beminde

Bittersoet

Ek het jou gesoek
In kafees, en bars
Lounges en kroegen

In die Tanzten der Lusten
In sale
In hotelle oorkant die kanaal
Langs die riviersvelde

In die hawe van Antwerpen
Op die tram
Vanaf Station Diamant
Tot by Station Groenplaats

Ek het jou gesoek in Amsterdam
Op die Waterlooplein
Met die fiets het ek gery
Verby kanale en gragte
Verby museums en parke

Agter op 'n motrofiets
Het ek gery
Deur die strate
Van Paris
Vanaf Place de la Concorde
Tot by Palais-Royal

Ek het die mensdom hoor se:
'This is the love
That dare not
Speak its name''

En ek het die engele sien vlieg
Oor die graftombe van Oscar Wilde
En het die gode hoor fluister:
'Jy sal geen oomblik rus ken
Totdat jy my eendag vind nie'

My Ewig Ontwykende Beminde

Bittersoet

Ek het die ferry gevat
Oor die Kanaal
En van Londen gevlieg
oor die Atlantiese Osean
Na JFK

Van JFK het ek
Na New Orleans gegaan
Langs die Mississippi gestaan
Gekyk waar Janice Joplin
Haar volstruisvere
Verkoop het

Gesien hoe lyk die bar
Waar sy gesing het
Gestap vanaf Bourbon Street
Tot by Avenue Dumain

Ek het met die Greyhound gery
Vanaf Baton Rouge
Tot by San Jose

Ek het jou gesoek
In California
Op die Bay Area Rapid Transit
In die Haight-Ashbury
En die Castro District

In die skare
Het ek kortliks 'n glimps
Van jou profiel gesien

Ek het jou gesoek
In strate, kafees
Bars, lounges
In kroegen

En jy het my
Altyd ontwyk
My Ewig Ontwykende Beminde

Bittersoet

Ek het teruggevlieg
Na Brussels
Met Singapore Airlines
Die trein gevat
Na Paris

In Père-Lachaise
Langs Jim Morrison
Se graf gekniel

Die blare
Van 'n bloeiende roos
Uitgestrooi
Oor Piaf en Theo
Waar hulle
Bo-op mekaar lê
En vir ewig rus

En gebid
Dat jy gou
Sal kom

My Ewig Ontwykende Beminde

Bittersoet

Thank you andm_995 for submitting this lyric.